Ons

Pad Saam

04/09/2015

Die Dag Wat Ons Ontmoet

Ons paaie het heel toevallig en heeltemal onverwags gekruis. Dit was ‘n Vrydag aand saam met goeie vriende, waar ons aan mekaar voorgestel was.

Van die eerste oomblik het ons soos ou vriende gepraat en iets baie spesiaal in mekaar raakgesien.

Troupic00025
???????????????????????
12/09/2015

Ons Eerste Date

Die aantrekking tussen ons was van die eerste oomblik daar en ons het sommer vinnig begin geleenthede soek om tyd saam te spandeer.

André se eerste skuif was om ‘n romantiese aand uit te reël na Wilderness. Eers ‘n goeie ete gevolg met ‘n strand stappie onder die sterre.

Die aand het gelukkig soos beplan verloop, maar baie amper ‘n groot aand uit met Janene se vriende… Sien, Janene het nie besef dat die uitnodiging as ons eerste “date” bedoel was nie en al wat ‘n mens saamgenooi.

20/09/2015

Facebook Official

Die groot stap in vandag se tyd, die dag wat ons besluit het dinge is ernstig genoeg dat die wêreld moet weet. Op die dag presies 3 jaar later maak ons die aankondiging op Facebook dat ons verloof is.

Troupic00024
14/09/2018

 

Verloof

Vrydag 14 September het ons verloof geraak!

‘n Nuwe pad wat ons saam stap.

Reg na werk het ons na ‘n nuwe restuarant gegaan om “iets nuuts” te probeer, die plek en ware doel was ‘n verrassing.

Die ligging en uitsig oor die see was amper so perfek soos die oomblik wat volg…

Een knie op die grond, beloftes vir ‘n toekoms saam en ‘n vraag…

Dit was ‘n onbeskryflike JA.

Res_Pre_120